Kersboodskap van ons Patriarg

THEODOROS II

DEUR DIE GENADE VAN GOD POUS EN PATRIARG VAN ALEXANDRIË

EN DIE HELE AFRIKA;

AAN DIE VOLHEID VAN ONS APOSTOLIESE EN PATRIARGALE TROON:

GENADE EN BARMHARTIGHEID EN VREDE VAN ONS HERE EN GOD EN HEILAND JESUS CHRISTUS WAT IN BETHLEHEM GEBORE IS

 

 

Die Geboorte van Christus!

 

Dit is nie ‘n roemryke bladsy uit die geskiedenis van die mensdom nie, en ook nie ‘n mooi viering wat die teenswoordige verfraai nie, maar ‘n gebeurtenis gerig op die ewigheid, waarin ons lewens vervolmaak word, ons lewens wat op soek is na verbetering en redes vir regverdiging.

Wat meer as twee duisend jaar gelede in die Heilige Land plaasgevind het, is eenmalig en kan nie herhaal word nie, wat bewys word deur die moontlikhede wat hulle voordoen en die geleenthede wat geskenk word. Daar het hemel en aarde, die engele en die liedere, die ster en Hy , toe ontmoet. Toe het God die mens ontmoet, as die God-mens, nie (as die God) van oordeel nie, maar van verandering; nie (as die God van) die geskiedenis nie, maar van verlossing; nie (as die God) van verwerping nie, maar van versoening.

Voor die krip van Christus verander alles. Die magtiges word swak, die rykes arm, die wyses onkundig. Almal begryp hul nietigheid, hul onvolmaaktheid en hul wesenlik brose krag. Daar Christus Self neerdaal en een met ons word, verloor alle titels hul waarde, posisies hulle heerlikheid en ampte hul krag.

Hierdie ontmoeting word ook op die vasteland van Afrika nie net op 25 Desember elke jaar ervaar nie, maar elke minuut en oomblik. Die kleinste uithoekie daarvan word ‘n nederige grot vir die Geboorte van Christus en elke sendeling Sy nederige bedienaar en ‘n ware vertolker van die boodskap wat Hy bring, dié van vrede en samewerking tussen God en die mensdom en mense onderling, in een gesin, in Sy Kerk.

Die ster wat daardie nag in die hemel geskyn het, kom strooi oorvloedig lig in die harte van almal wat dag en nag in die velde van die Ortodoksie arbei – hier in ons Afrika – en begeester tallose siele, ongeag ouderdom en oorsprong, om die Evangelie van die Here te leer of daarin onderrig te word.  Dit is hulle almal wat bydrae tot die liturgiese, geestelike, maatskaplike, opvoedkundige, humanitêre werk van ons Patriargaat wat duisende siele elke dag aanvaar. Hulle bied hul kennis en hul inspanning sodat Christus gebore mag word in die siele van ander mense en hul arbeid ontvang ryke seëninge van die Goddelike Kind.

Die vreugde van alles wat ons weereens ervaar, asof dit vandag gebeur, is duidelik in die harte van almal. Van my eie hart – as Primaat van die Apostoliese Troon van die Evangelis Markus – tot dié van elkeen van my medewerkers, die geestelikes van alle stande en die leke in elke amp.

Ons seën en bedank veral die plaaslike Staatsowerhede wat alles wat ons bied aan die inwoners van hierdie skone gebied van ons planeet goedkeur, daartoe bydra en hul daarin verheug.

Ons glo en gee Christus, Hy wat hulle ontmoet wat na Hom verlang, Hy wat hulle bemagtig wat Hom volg, Hy wat geopenbaar is aan hulle wat in Hom glo. Vir ons Patriargaat is die Geboorte van Christus nie ‘n heilige herinnering, ‘n uur van formele wense oordra, ‘n geleentheid vir blote nadenke nie. Dit is ‘n feit wat voortduur, wat lewenskragtig is, met leerstellings. Dit het die wil, dit bevat die getuienis, dit behou die reg om voort te gaan om elke Sendingpoging in die Geboorte van Christus, elke plek in ‘n Bethlehem  en elke hart in ‘n grot te verander.

 

 

THEODOROS ll

Pous en Patriarg van Alexandrië en die Hele Afrika

 

 

In die Groot Stad Alexandrië

Die Fees van die Geboorte van Christus 2018

 

2 Kommentaar

Filed under Uncategorized

2 responses to “Kersboodskap van ons Patriarg

  1. Beste Vr Zacharias, Dit is vandag ‘n groot fees vir die gemeente van die Heilige Maria die Egiptenaar. Dié vyfde Sondag het ‘n besondere betekenis vir alle gelowiges. Ik hoop, dat dit gaan beter en beter met u, die gesondheid na u aanval. En ook bid ek hartelik vir u en die gemeente. Christus het opgegaan! Waarlik het Hy opgegaan! In Sy liefde, av aleksandr

  2. Dankie, Vr Alexandr! Die Aartsbiskop was ook vandag op besoek vir die geleentheid, en dit was ‘n geseënde dag. Wat my ongeluk betref; ek het volkome herstel! Prys die Heer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s