‘n Nuwe program oor die geesteservaringe van Afrikaanssprekendes wat nie lidmate van die drie Susterskerke is nie, word tans vervaardig deur Khakiprodukies, onder leiding van Wynand Dreyer, vervaardiger van onder andere “Megaboere”. Verlede naweek was die vervaardigingspan hier by ons op Robertson vir die skiet van die Ortodokse gedeelte van die program, wat waarskynlik eers in 2020 uitgesaai sal word. Die besoek van hierdie span was ‘n aangename ervaring vir almal, en Wynand het tydens die opname ook ‘n hele aantal foto’s geneem waarvoor hy baie goedgunstiglik toestemming gegee het dat dit ook op ons webblad geplaas kan word. Al die foto’s word sonder byskrifte geplaas vir wie ookal sou belangstel om iets te sien van wat verlede week hier by die Bedehuis op Robertson plaasgevind het. Daar is ‘n hele aantal werklik pragtige foto’s van die kapel, die mense betrokke en die omgewing.
Program op Kyknet deur Khakiproduksies
Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk