Bedehuis

Die eiendom waarop ons retrêthuis geleë is, is ‘n kleinhoewe ongeveer drie kilometer buite die dorp Robertson en het ‘n asemrowende uitsig op die Langeberge. Dit is die ideale uitspanplek vir siele wat smag na stilte en is tot die beskikking  van enigiemand wat eerlik en opreg soek na God. In die kapel, gewy aan die Heilige Maria, die Egiptenaar, (seker een van die merkwaardigste vroue in die Kerk se geskiedenis; wie se verhaal binnekort op ons webblad sal verskyn) kan mense in ‘n Ortodokse atmosfeer mediteer en bid.

Die retrêthuis is ook die basis vir ‘n Ortodokse uitreiking na die gemeenskap van Robertson en omgewing.

Die bedehuis en die kapel wat gewy is aan die Heilige Maria die Egiptenaar. Die priester se woonkwartiere is op die foto, regs.

Uitsig vanaf die agterdeur van die Bedehuis.

In die kombuis.

Trap na die slaapkamers.