Om weer terug te gaan huis toe

  Lukas 15:11-32

Vandag, op die Sondag van die Verlore Seun, gaan die Kerk voort om ons aandag te vestig op die komende Groot Vastyd deur die bekende verhaal van bekering vir ons voor oë te hou. Ons word vertel van ‘n seun wat wat alles gekry het wat hy wou en wat dit verspil het. In ellende in die vreemde besluit hy om terug te keer na sy vader se huis en om te vra om as huurling daar te werk. Sy vader, wat nooit ophou verlang het na sy terugkeer nie, ontvang hom as seun, en verheug hom dat hierdie seun wat verlore was, nou weer gevind is.prodigalson

Jesus vertel hierdie gelykenis om te toon wat ware bekering eintlik beteken. Hierdie verhaal gaan oor die Verlore Seun, maar dit is ook die verhaal van elkeen van ons, want ook ons is van God vervreem. Ook ons is in ballingskap vanweë ons sondes en ons moet terugkeer na ons liefdevolle Vader wat so gretig is dat ons verlos moet word.

Ons is geneig om aan sonde te dink as die verbreking van die wet of dat ons God daardeur aanstoot gee. Maar, hoewel ons gevra word om die gebooie te onderhou, is sonde veel dieper as wat ons doen of nie doen nie. Dit is eerder ‘n toestand van in ballingskap wees, van nie die doel tref nie, van nie volledig te wees wat God ons geskep het om te wees nie, en al te dikwels om magteloos te voel om dinge te verander.

Vandag se Evangelielesing sê vir ons dat daar hoop vir ons is en dat ook ons, soos die Verlore Seun,  kan terugkeer na die Vader van Wie ons vervreemd geraak het. Maar die kernpunt in dié verhaal is wanneer die Verlore Seun sy eie situasie besef. Ons lees “hy het tot homself gekom”. Ons is dikwels te besig om onsself te oortuig dat daar niks met ons verkeerd is nie, of dat ander mense vir ons probleme verantwoordelik is, sodat ons nie ons  eie situasie sien vir wat dit is nie. Dit is net deur ons behoefte aan God te erken, en die feit dat ons vervreemd geraak het van ons ware tuiste, dat ons ‘n reis van bekering kan aanpak wat niks minder is nie as ‘n terugkeer na die Vader se huis, ons ware tuiste. En die doel van die Groot Vastyd is juis om ons op hierdie reis te ondersteun.

Ek, ellendeling, het die rykdom verkwis wat die Vader my geskenk het, en saam met redelose diere gewei; ………Maar nou het ek terugekeer na die barmhartige Vader en roep in trane tot Hom: “Neem my soos ‘n huurling aan waar ek voor u mensliewendheid neerval en verlos  my.”

Uit die Vespers vir die Sondag van die Verlore Seun

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 16  Februarie  2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s