Lewende Water

 John 4:5-42

Vandag gedenk die Kerk die Sondag van die Samaritaanse Vrou. Die Evangelie van Johannes vertel ons van die buitengewone gesprek wat sy by Jakob se put in Samaria met Jesus gevoer het. Jesus Christus breek nie net deur die aanvaarde Joodse gebruike deur ‘n vrou en ‘n Samaritaan te ontmoet nie, maar Hy onthul ook dat hy presies weet wat in die vrou se verlede gebeur het.samaritan_woman

Nog meer wesenlik is egter dat Jesus Christus vir hierdie vrou haar diepste verlangens, en haar dors na God,  blootlê, en Hy Self les hierdie dors. Hy vra haar om water, maar op die ou end is dit sy wat besef dat Hy die Lewende Water is waarna sy smag.

Die Kerk gee ons hierdie Evangelieverhaal in die middel van die Paastyd want ook ons besef ons eie dors na die Lewende Water wat net die Verrese Christus ons kan gee. Hierdie afgelope Woensdag, op Middepinkster, het ons gebid: “Gee my dorstige siel te drink uit die waters van ware lof.”

Soos die Samaritaanse vrou – oor wie die Kerk as die Heilige Fotini praat – besef ook ons dikwels nie ons werklike behoefte aan God nie. Ons het al selfs bedrewe daarin geraak om te jok oor wie ons eintlik is, net soos wat sy haar duistere agtergrond wou toesmeer. ‘n Ware ontmoeting met die Verrese Christus sal beteken om die waarheid te erken van wie ons eintlik is sodat ons God se barmhartigheid en sy oorweldigende liefde kan aanvaar.

Hy wat die aarde opgehang het bo die waters vra om water; Hý soek water wat fonteine en mere vol water uitgiet; want Hy wil in der waarheid haar na Hom trek wat gejag word deur die oorlogsugtige vyand; Hy wil die water van die Lewe te drinke gee aan haar wat vreeslik van aaklige begeertes brand, want Hy alleen is barmhartig en mensliewend.

Uit die Vespers vir die Sondag van die Samaritaanse Vrou

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 18 Mei  2014

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s