Ons Ware Skat

Vandag, op die twaalfde Sondag na Pinkster, hoor ons Mattheus se beskrywing van die ryk jongman wat na Christus kom en Hom vra wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry. Nie tevrede daarmee dat daar aan hom gesê is dat hy die gebooie moet onderhou nie, vra hy wat hy nog kortkom. Maar wanneer Jesus vir hom sê: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en …….kom volg my”, kan hy dit nie hanteer nie. Daar word vir ons gesê dat hy baie ryk was en Christus waarsku ons dat dit baie moeilik is vir iemand wat ryk is, om die Koninkryk van die hemel in te gaan.

Hierdie gebeurtenis stel ons nie voor ‘n algemene opdrag dat ons almal  al ons besittings  moet weggee nie, maar, in plaas daarvan, deur ons te waarsku oor die gevare van rykdom, spoor dit ons aan om diep in ons eie harte te kyk. Die ryk jongman was in baie opsigte ‘n voorbeeldige Jood, wat al die gebooie onderhou het, maar die een ding wat nodig was, het hy nie gehad nie en dit was die vryheid om op die oproep van Christus te antwoord.

Hierdie man is deur sy rykdom gevange gehou en Jesus waarsku ons dat stoflike rykdom inderdaad ‘n neiging het om ons vas te vang. Maar daar is ook ander vorms van rykdom, soos skoonheid, of intelligensie, of spesifieke menslike toegeneendhede wat ook al te maklik tussen ons en God kan kom. Vandag se Evangelie moedig ons aan om die dinge te ondersoek wat vir ons waardevol is en waaraan ons vaskleef. Is ons voldoende oortuig van die skat wat ons in die hemel het dat ons al ons besittings en vermoëns kan beskou in hul ware lig,  sodat ons dit kan gebruik in diens van God in plaas daarvan om daardeur in besit geneem te word.

Laat ons eenvoudig tevrede wees met dit wat ons teenswoordige lewe in stand hou, nie met dit wat dit pamperlang nie. Laat ons God, soos ons geleer is, daarom vra,  sodat ons ons siele  van verslawing mag bewaar en heeltemal vry mag wees van oorheersing deur enige van die sigbare dinge waarvan gehou word  ter wille van die liggaam. Laat ons toon dat ons eet ter wille daarvan om te lewe, en laat ons nie daaraan skuldig wees om te lewe ter wille daarvan om te eet nie. Die eerste is ‘n teken van intelligensie, die tweede ‘n bewys van die afwesigheid daarvan.

Die Heilige Maximus die Belyder

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 23 Augustus 2015

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

2 responses to “Ons Ware Skat

  1. Liewe Vader Zacharias, Christus het opgegaan! Ek het die tekste van vandag nie ontvang nie et het dié toevallig vanaand gevind. Ek hoop, dat alles goed by U gaan en bid vir U gemeente, geseënde week, prot. av aleksandr

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s