Jy sal die hemel geopend sien

Vandag, op die Sondag van die Ortodoksie, hoor ons van die roeping van Filipus en Natánael, en veral van Jesus se ontmoeting met Natánael. Natánael het aanvanklik Filipus se berig dat hy die Messias gevind het, betwyfel. Dit was egter sy persoonlike ontmoeting met Jesus Christus wat hom oortuig het dat hy waarlik die Messias van wie die profete gepraat het, gevind het.

Hiedie ontmoeting toon vir ons dat dit net deur ‘n persoonlik ontmoeting met Jesus Christus is dat ons Hom waarlik sal sien vir Wie Hy is. Ontmoetings van hierdie aard gebeur egter nie gewoonlik sommer so nie. Terwyl God deur ons verdediging kan breek en onverwags na ons kan kom, is ons geestelike sig in werklikheid so verdof dat ons nie die baie maniere waarop Hy na ons toe kom, herken nie. Verder kom Hy na ons toe op ‘n besondere wyse in die Goddelike Liturgie, maar in watter mate herken ons Sy teenwoordigheid en reageer ons op gepaste wyse teenoor Hom?Die koepel 2

Om die Here te herken wanneer Hy kom, is nie maar net ‘n intellektuele erkenning van Hom nie, al is dit ook belangrik. Dit gaan veelmeer oor die ontwikkeling van ‘n innerlike oog van die verstand waarvan die Heilige Paulus praat wanneer hy sê:

….dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping (is). (Ef: 1:17-18)

As ons God waarlik op hierdie manier wil sien, moet ons bereid wees om ons harte te reinig, wat dan die doel van die Vastyd is. Deur ons begeertes in toom te hou, afleidings minder te maak, en meer tyd met Hom deur te  bring, kan ons leer om ons denke tot bedaring te bring sodat ons meer ontvantlik word vir die baie maniere waarop God na ons toe kom.

Om te sien, is goed genoeg vir geloof. Al wat jy hoef te doen, is om met Hom te praat, en jy sal soveel meer gereed wees om te bely en sonder aarseling te sê dat Hy waarlik die Verwagte is. Maar ons moet ook glo dat daar ‘n goddelike en ontuitspreeklike genade vloei uit die woorde van ons Heiland, wat vir sy hoorders so aantreklik was ……. Want omdat Sy woord kragtig is, is dit ook doeltreffend om te oortuig.

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 5 Maart 2017

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s