Spreek net ‘n Woord

Matthéüs 8:5-13

Vandag hoor ons die Heilige Matthéüs se vertelling van hoe ‘n Romeinse hoofman oor honderd na Jesus gekom het en Hom gevra het om sy kneg te genees. Toe Jesus aanbied om saam met hom te gaan om die man te genees, het hy geantwoord deur te sê dat hy nie waardig is dat Christus onder sy dak inkom nie. In plaas daarvan sê hy vir Hom: “Spreek maar net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.”Jesus

Hierdie man was ‘n buitestaander; hy was nie deel van die volk van Israel nie. En tog loof Jesus sy geloof en sê Hy dat Hy selfs in Israel nie so ‘n groot geloof gevind het nie.

Die hoofman oor honderd het geen verstandsstelling gemaak oor Wie Jesus was nie. Tog het hy die gesag van Christus duidelik erken en hom aan sy gesag onderwerp. Hy het ook sy eie ware plek voor Jesus nedering erken en homself onwaardig geag om Jesus in sy huis te ontvang.

Hier sien ons sy groot geloof in die krag van Christus se woord. Nie net ag hy die woord van die Here hoog nie, maar soek hy dit daadwerklik, want hy besef die groot krag daarvan. Hy besef dat hierdie woord van die Here lewend en kragtig is en soos ‘n tweesnydende swaard sny (Hebreërs 4:12), en dat dit iets is wat sy hele lewe sal deurdrenk.

Die Skrif en die leer van die Vaders stel dit absoluut duidelik dat nederigheid ‘n voorvereiste vir ware gebed is. Gebed is nie bloot om gunste van God te vra nie, maar is eerder die erkenning van Wie Hy is, wie ons voor Hom is, en sy gesag oor ons lewens. Dit is ware gebed, maar dit vra ‘n nederigheid wat ons moet leer en dus vra ons dat ons die geloof gegee mag word soos dié van die Romeinse hoofman oor honderd.

As jy ‘n reine en nederige man sien, is dit ‘n groot gesig. Want wat is groter as so ‘n gesig, om die onsigbare God in ‘n sigbare man, die tempel van God, te sien.

Die Heilige Pachomius die Grote

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 6 Julie 2013

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s