Vir sy begrafnis gesalf

John 12:1-18 

Ons betree vandag, waar ons Palmsondag vier, die heiligste tyd van die Kerkjaar. En vandag hoor ons die verhaal uit die Heilige Johannes se Evangelie van hoe Jesus deur die Heilige Maria van Betanië gesalf is.annointment-jesus-01.jpg.

Gister, op Lasarussaterdag, het ons gedenk hoe Jesus Christus Lasarus uit die dode opgewek het, en ons so ‘n voorsmaak te gee van sy eie opstanding. Vandag se Evangelielesing plaas ons weer in Betanië, waarheen Christus gegaan het om Maria en Martha en Lasarus te besoek. En daar word vir ons vertel dat Maria ‘n fles baie kosbare salf gebring het, dit op Jesus se voete uitgegiet het en dit met haar hare afgevee het, tot ergernis van Judas Iskariot wat dit  as ‘n vermorsing van geld gesien het.

Die Kerk gee ons hierdie lesing waar ons Heilige Week betree want, soos Christus Self sê, Maria salf Hom vir sy begrafnis. Haar handeling is ‘n profetiese gebaar wat toon Wie Hy werklik is en profeteer die dood wat Hy op die punt staan om te ondergaan. Maar dit is ook ‘n handeling wat die tere toewyding toon wat in Jesus Christus se volgelinge ontlok word. Deur sy voete te salf met kosbare salf, het Maria aan Christus die kosbaarste ding gegee wat sy gehad het. Sy het in werklikheid haar hele lewe voor Hom uitgegiet.

Waar ons Heilige Week ingaan, spoor hierdie Evangelielesing ons aan om ons hele lewe na Christus te bring, en om toe te laat dat sy lyding en dood ons in die dieptes van ons harte raak sodat ook ons op Hom sal kan reageer met ons hele lewe.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 5 April 2015

Hy wat op die Gerubstroon sit, het vandag om ons ontwil op die vul gesit, en nou dat Hy sy vrywillige Lyding bereik het, hoor Hy vandag die Kinders wat “Hosanna” roep, terwyl die menigtes uitroep: “Seun van Dawid, geseënde Jesus, haas U om hulle te red wat U gemaak het; Want hiervoor het U gekom, dat ons u heerlikheid mag leer ken.”

Die Derde Kathismagesang uit die Mette vir Palmsondag

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s