Want so lief het God die wêreld gehad

Vandag is dit, buiten die Fees van die Geboorte van die Theotokos, die Sondag voor die Fees van die Kruisverheffing. Vandag se Evangelielesing help ons vir hierdie Groot Fees voorberei deur ons aandag te vestig op Jesus se woorde in die Evangelie van die Heilige Johannes. Daarin vertel hy ons hoe God sy Seun gestuur het om ons te red, want dit is sy wil dat almal gered word en die ewige lewe ontvang.

In hierdie Evangelielesing gebruik Christus beelde uit die Ou Testament en pas dit op Homself toe. Toe die volk Israel deur slangbyte geteister is toe hulle in die woestyn gedwaal het, het God Moses opdrag gegee om ‘n brons slang te maak sodat almal wat daarna sou kyk, genees sou word. Hierdie genesing is ‘n voorafskaduing van die uiteindelike heling wat ons in die offerdood van Jesus Christus vind. Net soos wat die Israeliete genees is deur na die slang op te kyk, moet ook ons opkyk na die Kruis van Christus ten einde genesing en verlossing te vind.

Die Kruis is tydens die Twaalf Evangeliesdiens uitgedra

Die Evangelielesing sê vir ons dat God wil hê dat ons verlos word, maar dit sê ook vir ons dat ons op Hom moet reageer. God sal verlossing nie aan ons opdwing nie; ons moet in teendeel ons eie behoefte aan genesing erken en ons tot Hom wend. Die Vaders sê vir ons dat ons, net soos die volk Israel wat hul slawerny in Egipte die rug toegekeer het, die rug moet keer op die sonde om die beloofde land van verlossing te kan ingaan. Deur die oë op die Kruis te vestig, wil ons van ons sondes genees word terwyl ons die gesig van God se heerlikheid nastreef wat aan die Kruis van Christus ten toon gestel word.

Waarom het Christus Homself vir sondaars op die Kruis uitgestrek en waarom het Hy sy heilige Liggaam ter wille van die wêreld aan lyding oorgegee? Ek beweer dat God dit om net een rede gedoen het: Om sy liefde aan die wêreld bekend te maak, sodat ons vermoë om om lief te hê, en wat deur so ‘n ontdekking sal toeneem, ‘n gevangene van sy liefde sal wees. 

Die Heilige Isaak die Siriër

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 13 September  2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s