Elkeen wat sy lewe verloor …. , hy sal dit red.

Markus 8:34-38; 9:1

Vandag, op die Sondag na die Fees van die Verheffing van die Eerbiedwaardige en Lewegewende Kruis, hoor ons Jesus se betekenisvolle woorde oor die kruis in ons lewens. Deur Sy dood aan die Kruis het Jesus Christus die dood oorwin en vir ons die moontlikheid van nuwe lewe daargestel. Hy het ons van ‘n manier van doen voorsien wat ons kan volg ten einde die nuwe lewe wat Hy ons bied, te ervaar.Cross

As ons hierdie nuwe lewe egter wil binnegaan en dit eien, sal ons ook op die en of ander manier lyding en dood tegemoet gaan. Soms sal dit sigbare lyding wees wat die gevolg is van van dinge afstand doen in ons lewens wat nie in ooreenstemming met God se wil vir ons is nie. Soms sal dit die opoffer van ‘n mindere goeie ding beteken ten einde iets wat beter is te bekom. Maar soms sal dit ook die lyding beteken wat ons as gevolg van ons eie gebrokenheid en die gebrokenheid van die wêreld ervaar.

Die oorwinning van Jesus Christus aan die kruis verwyder nie lyding uit ons lewens of maak alles wonderbaarlik beter nie. Dit gee ons eerder ‘n voorbeeld van hoe om lyding te hanteer sodat dit lewegewend word en ons nie vernietig of verbitter nie. En Hy verseker ons dat Hy in ons diepste nood met ons is, want Hy Self weet wat dit beteken om verlaat, verwerp en oënskynlik verslaan te word.

Om ons in gebed tot Christus te wend is om eerlik te wees oor die werklikheid van ons lewens. Maar dit is ook om Hom daar te vind, te midde van ons lyding en pyn. Wanneer ons uitroep: ” Here, ontferm U, Kyrie Eleison”, nooi ons Christus om ons pyn en dié van die wêreld te betree. As ons werklik eerlik is, is die lyding in ons lewens vir ons ondraaglik. Maar as ons Hom vra, sal Hy in ons nood na ons toe kom, en sal Hy ons daaraan help dra.

 

Iemand met onderskeidingsvermoë wat nadink oor die genesing van die Goddelike Voorsienigheid, dra met danksegging die ongeluk wat na sy kant toe kom. Hy sien die oorsaak daarvan in sy eie sondes, en nie in die van enigiemand anders nie. Maar ‘n onopmerksame, wanneer hy sondig en daarvoor gestraf word, dink sy ongeluk word deur God, of mense, veroorsaak, en verstaan nie God se sorgsaamheid vir him nie.

 

Die Heilige Maximus die Belyder.

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 18 September 2016

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s