Die Oproep tot Bevryding

Lk. 8:26-39

In vandag se Evangelielesing hoor ons die Heilige Lukas se beskrywing van hoe Jesus die demone uitgedryf het uit ‘n man wat van hulle besete was. Hulle het die man se lewe aaklig gemaak: Hy was naak, deur die gewone samelewing uitgewerp (hy het in die grafte gewoon), en het gevaarlik opgetree. Deur die demone uit hom te verdryf, het Jesus hom weer na homself teruggebring. Hierdeur het Hy sy gesag oor alles wat bestaan getoon. Maar Hy het ook getoon dat Hy gekom het om ons tot die lewe terug te bring en ons te red van alles wat ons menslikheid minder maak. demonic-healing

Om in ons moderne samelewing van demone te praat, lyk dalk eienaardig, en ons wonder miskien oor wat nou eintlik in hierdie Skrifgedeelte aan die gebeur is. Tog behoort die ervaring van nie in beheer van ons eie lewens te wees, nie vir ons vreemd wees nie. Afgesien van die bose magte daar buite wat in ons wêreld aan die werk is, hoeveel van ons is werklik in beheer van ons lewens? Buiten vanselfsprekende en erkende verslawings, die druk van die advertensiewese, en die wyse waarop die gemeenskap verwagtinge van ons het, is ons ook in onsself verdeel. Die Heilige Paulus beskryf ‘n universele stryd wanneer hy skryf: “Die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.” (Romeine 7:19) Sedert die sondeval is ons menslike natuur gewond en veroorsaak dit innerlike stryd. So, al wil ons doen wat goed is,  vind ons dikwels dat ons magteloos is om dit te doen.

Die Kerk leer ons dat die mens na God se beeld geskape is, en ‘n sentrale deel hiervan is dat ons vry en redelike wesens is. Dit is nie die soort vryheid om te doen en te verkry wat ons ookal wil hê nie – wat in werklikheid verslawing aan ons hartstogte is – maar eerder die innerlike vryheid om te kies wat reg, goed en waar is. Dit is ‘n vryheid wat ons geroep word om te ontwikkel namate ons in ‘n lewe van deug groei en as mens al hoe vryer word. Dit is hierdie vryheid wat Jesus Christus vir die man in vandag se Evangelielesing gegee het – en dit is dié vryheid wat Hy in ons wil herstel.

Waarom maak jy jou boeie meer? Neem jou lewe in besit voor jou lewe donker raak en jy hulp soek en dit nie vind nie. Hierdie lewe is aan jou gegee vir bekering; moet dit nie op ydele strewes verspil nie.

Die Heilige Isaak die Siriër

 Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 23 Oktober 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s